Wetstoepassing in Monaco word deur 'n gewapende nasionale polisie verskaf. Dit het die grootste polisiemag en polisieteenwoordigheid ter wêreld op beide 'n per-capita- en per-area-grondslag. Die polisie sluit 'n spesialiseenheid in wat patrollie- en toesigbote bedryf. Daar is ook 'n gemilitariseerde lyfwag-eenheid vir die Prins en sy paleis genaamd die Compagnie des Carabiniers du Prince, goed toegerus met moderne wapens. Daar is ook 'n goed opgeleide Corps des Sapeurs-Pompiers, wat 'n uitgebreide burgerlike verdedigingsdiens ter ondersteuning van wetstoepassing lewer, benewens sy brand- en reddingsdienste. Monaco, 'n lid van INTERPOL, geniet die wêreld se laagste misdaadsyfers.