Print this page

Luxemburg: Bid vir meer sendingywer

Europa - - 01 Jul 2015 - Print - Email

Onder die uitgewekene gemeenskap is volgelinge van Christus geneig om baie besig te wees met veeleisende en tydrowende werke en wil hulle tyd saam met hul gesinne oor naweke geniet. Gevolglik is die gereedheid om hulself in Christelike bediening te belê beperk. Bid vir 'n honger om te groei en 'n passie om te dien. Baie mense leef in 'n rykdomsborrel binne Luxemburg met 'n fokus op materiële besittings, en die land het 'n buitengewoon liberale regering. Belangrike besluite vir die toekomstige ekonomiese welstand van die nasie moet in hierdie wetgewende tydperk geneem word, en hul leiers het wysheid nodig. Bid dat godvresende mans en vrouens in besluitnemende posisies geplaas sal word. Daar is drie Engelssprekende kerke, elk met 150-250 lidmate, en baie klein Portugese, Brasiliaanse, Luxemburgse en Skandinawiese immigrantkerke, maar hulle het nie veel in gemeen nie.