Litaue: 'n Brose Christelike teenwoordigheid

Europa - - 01 Jul 2015 - Print - Email

As gevolg van 'n sterk Poolse invloed was Katolisisme polities dominant tot die Sowjet-besetting toe alle gelowe onderdruk is. Laevlak-diskriminasie teen evangeliese groepe bestaan en godsdiensvryheid het die toetrede van kultusse en teologiese dwalings vergemaklik. Verhoudings tussen denominasies is beter as in die meeste voormalige Sowjet-state. Agape Litaue het 'n visie om 'n bedieningsteenwoordigheid op elke universiteitskampus in die land te sien. Prys God vir goeie verhoudings in die Agape-span en die aanmoediging van gesonde bedieningsbefondsing. Daar is 'n Litause internet-evangelisasiebediening, ieskauDievo.lt (soek God). Hulle gebed is dat hulle werk Litaue in die land en verder sal bereik. Prys God ook vir 24 e-afrigters wat met soekers verbind is. Bid vir wysheid en sensitiwiteit terwyl hulle met hierdie soekers omgaan. Daar is 'n behoefte aan meer studenteleiers wat grootgemaak moet word wat 'n hart sal hê om te sien dat hul mede-klasmaats Jesus ken. Bid vir geestelik oop studente om met die Vilnius-kampusbediening verbind te word.