Italië: Pous vra vergifnis vir historiese vervolging

Europa - - 01 Jul 2015 - Print - Email

Pous Franciskus het om vergifnis gevra vir die Katolieke Kerk se vervolging van lede van 'n klein evangeliese kerk in Italië wie se leier geëkskommunikeer en volgelinge gedurende die Middeleeue as ketters gebrandmerk is. Francis het die beroep gedoen tydens die eerste besoek ooit deur 'n pous aan 'n Waldensiese huis van aanbidding. Die Waldensiese kerk is in die 12de eeu gestig deur 'n ryk handelaar van Lyon, Frankryk - Pierre Valdo, wat sy besittings prysgegee het om 'n Evangelie van eenvoud en armoede te verkondig wat pouslike uitspattighede veroordeel het. Hy is geëkskommunikeer en sy volgelinge is as ketters deur Rome vervolg. Die Waldensiërs is vandag verenig met die Metodiste Kerk van Italië en eis 45 000 volgelinge, meestal in Italië, Argentinië en Uruguay. "Van die kant van die Katolieke Kerk vra ek u vergifnis, ek vra dit vir die nie-Christelike en selfs onmenslike houdings en gedrag wat ons aan u getoon het," het Francis somber vanaf die altaar gesê. 'In die Naam van die Here Jesus Christus, vergewe ons!'