Christenskap word toenemend gemarginaliseer deur 'n vyandige media en openbare bui. Christelike moraliteit en geloof in die uniekheid van Jesus word as 'onverdraagsaam' bestempel. Regeringsregulasies maak dit al hoe moeiliker om in die openbare arena te bedien. Baie glo ernstige vervolging is nie ver nie. Bid dat gelowiges die agteruitgang van Christenskap in die publieke sfeer sal erken en aanspreek. Bid dat hulle vertroue in die evangelie en vrymoedigheid en passie sal herwin om dit - liefdevol en onverskoonbaar - te deel met die meerderheid wat min begrip van die inhoud daarvan het. Sien ook THE MILL STATEMENT by www.wpc.wpengine.netdna-cdn.com/wp-content/uploads/2015/04/The-Mill-Statement-Apr-2015.pdf