Swede: Die Jesus Gebedsnetwerk - vir 'n tegnologiegedrewe samelewing

Europa - - 09 Jun 2015 - Print - Email

Aanlyn is daar 'n Sweedse Gebedsnetwerk wat 'n wêreldwye geleentheid bied vir die Kerk om met individue en besighede in verbinding te tree en saam te werk, om antwoorde op enige en elke behoefte te verskaf. Hulle begeer om saam te stem met die wil van God namens enigiemand wat Bybelse geestelike hulp soek vir die probleme in die lewe. Hulle is nie 'n beradingsdiens nie, maar is 'n geloofsgebaseerde gebedsdiens. Hulle ontvang vrywillige finansiële aanbiedinge wat help om hul geaffilieerde gebedsvennote regoor die wêreld te ondersteun. Hulle ontmoet elke dag mense wat iemand soek om hulle aan te moedig en ander wat iemand soek om aan te moedig. Dit is die dryfkrag van Open 4 Prayer. Elkeen van hul geaffilieerde gebedsvennote stem in om elke gebedsversoek vertroulik te hou. Jesus Prayer Network werk daaraan om die grootste Sosiale Gebedsnetwerk van sy soort te wees. Dit is hul doel om beskikbaar te wees in elke vertaalbare taal en toeganklik in elke land.