Nederland: Industrie groei; Christenskap verval

Europa - - 09 Jun 2015 - Print - Email

370 besighede en instellings (uitgesluit eenmanbesighede) is in Mei vanjaar bankrot verklaar – 84 laer as die vorige maand en die laagste vlak sedert November 2008. Hulle het merkbaar in die handel- en vervaardigingsektore gedaal. Intussen berig Operation World 'die Rooms-Katolieke Kerk neem vinnig af - van 41% in 1975 tot 26% (ander verslae beweer 18%) in 2010 - en het elke jaar minder priesters en sendelinge. Weeklikse bywoning is na bewering so laag as 300 000 op enige gegewe Sondag, en die bejaarde samestelling van die getroues dui op verdere afname. Daar is egter ook duidelike groei in die charismatiese en evangeliese groepe binne die Nederlandse Katolisisme, en 'n verspreiding van Alpha-kursusse.