Heilige Stoel (Vatican City State): Pous teen rekenaars in kinders se slaapkamers

Europa - - 09 Jun 2015 - Print - Email

Pous Franciskus het gewaarsku oor die gevare om kinders toe te laat om rekenaars in hul slaapkamers te hê, en gesê dit kan daartoe lei dat hulle pornografie kyk. Hy het dit goedgekeur dat ouers hulle in 'n gemeenskaplike kamer in die huis plaas, en gesê daar is dinge wat ouers kan doen om te verhoed dat hul kinders toegang tot webwerwe kry wat seksueel eksplisiete of gewelddadige materiaal bevat. Die Argentynse pous het gesê kinders raak veels te geheg aan digitale media: 'Dit benadeel die siel en beperk vryheid - dit maak jou 'n slaaf van die rekenaar'. Hy het gesê hoewel dit belangrik is vir jonger geslagte om digitale tegnologie te bemeester, moet rekenaars en ander toestelle met moderering gebruik word.