Print this page

Denemarke: Rehabilitasie van verslaafdes met Karibiese cruises

Europa - - 09 Jun 2015 - Print - Email

Die regering spandeer miljoene om jong gevangenes op vaarte te stuur in die hoop dat dit hulle sal help om skoon te bly. Hoe moet maatskaplike dienste reageer op 'n jong rampokker wat 'n geriefswinkel met 'n kerfmes aanhou? Denemarke het die antwoord - stuur hom vir 'n jaar op 'n Karibiese vaart. Plaaslike Deense rade het £4 miljoen spandeer om jeugmisdadigers en dwelmmisbruikers op seilvaarte in die Karibiese Eilande te stuur. Burgemeester, John Schmidt Andersen, het gesê dit lyk vreemd, maar dit is nie 'n vaart nie, daar word eise gestel. Een van die oortreders het gesê hy het dit maklik gevind om dagga gedurende sy jaar op een van die skepe te kry. 'Die Karibiese Eilande is die wêreld se dagga-hoofstad. Dit groei oral, selfs die polisie rook dit. Daar onder is dit net 'n kwessie van iemand op straat kry met 'n joint en dan 'n paar koop'.