Frankryk: Polisieklopjagte ontbind Franse jihadistiese netwerk

Europa - - 28 Des 2014 - Print - Email

Die Franse polisie het vroeg Maandag landwye klopjagte geloods om 'n netwerk af te breek wat jihadiste na Sirië stuur, het 'n polisiebron gesê. Elite- en teenterreurpolisie-eenhede het op sowat 'n dosyn teikens toegesak, meestal in die suidelike streek van Toulouse, maar ook rondom Parys en in die noordelike streek van Normandië, het die bron aan AFP gesê, op voorwaarde van anonimiteit. Dit was nie onmiddellik duidelik hoeveel mense in hegtenis geneem is nie. In die afgelope maande in Frankryk - wat Europa se grootste Moslem-bevolking het - was daar toenemende kommer oor die honderde burgers wat by jihadistiese groepe in Irak en Sirië aangesluit het. Die nuwe werklikheid is in 'n video van die Islamitiese Staat (IS)-groep, wat middel November vrygestel is, na vore gedryf, waarin drie Kalashnikov-swaaiende Fransmanne hul paspoorte verbrand en 'n beroep op Moslems doen om by hulle aan te sluit of aanvalle in Frankryk op te voer.