Print this page

Oekraïne-konflik: Kindersoldate sluit aan by die stryd

Europa - - 28 Nov 2014 - Print - Email

Kindersoldate speel blykbaar 'n rol aan beide kante van die konflik in Oos-Oekraïne. ’n Seun so jonk as 15 is gewys wat pro-Russiese separatiste rekrute oplei in hoe om wapens te hanteer, terwyl die Oekraïense media die storie van ’n 17-jarige vrywillige sapper vertel het. Dit is 'n ontwikkeling wat veral die VN-kinderagentskap, Unicef, bekommer, wat 'anekdotiese bewyse dat kinders gewerf is en regstreeks by die gevegte betrokke kan wees' ondersoek. Die gevegte, wat in April uitgebreek het, het meer as 4 300 lewens geëis en sowat 10 000 mense gewond gelaat. "Gewapende groepe moet onder geen omstandighede mense onder die ouderdom van 18 jaar werf of in vyandelikhede gebruik nie," sê Giovanna Barberis, die agentskap se Oekraïne-verteenwoordiger.