Oostenryk: Radikale Islam is aktief en groei

Europa - - 22 Nov 2014 - Print - Email

Het Oostenryk 'n groeiende streeksentrum vir Islamitiese godsdienstige ekstremisme geword? In hierdie ontleding sien Benjamin Weinthal, wat oor Europese sake vir The Jerusalem Post verslag doen, drie verskillende jihadistiese bewegings wat aktief in Oostenryk werk. Hierdie klein Sentraal-Europese land het onlangs opslae gemaak vanweë sy jihadi-tieners wat in Sirië gaan veg het. Maar dit is radikale Islam probleem strek verder as die Islamitiese Staat se werwing van jong Oostenrykse mans en vroue. Die Alpe-staat het 'n middelpunt van ekstremisme geword wat nie net Islamitiese Staat (IS) terrorisme insluit nie, maar ook Iranse kernverspreidingsaktiwiteite sowel as aktiewe ondersteuning vir Hamas. 'IS: Oostenryk is terreur-brandpunt,' lui die opskrif van 'n onderhoud wat in September deur die Osterreich-koerant se aanlyn-nuusuitlaat gepubliseer is. In April het Samra Kesinovic (17) en Sabina Selimovic (15), twee Oostenrykse meisies wat deur 'n plaaslike moskee geradikaliseer is, vertrek om by die Islamitiese Staat in Sirië aan te sluit.