DRINGENDE GEBED: Roemenië is by 'n kruispad in die geskiedenis

Europa - - 15 Nov 2014 - Print - Email

Na 70 jaar van demoniese invloed van kommunisme en as gevolg van die voortdurende bedreiging wat uit die Ooste (Rusland) kom, is hulle desperaat vir vryheid. Eerskomende Sondag, 16 November, hou hulle die finale verkiesing vir die president van Roemenië. Daar is twee kandidate: Victor Ponta is die huidige Eerste Minister. Hy is die verteenwoordiger van die linkse en ekstremistiese partye, die mees korrupte persoon wat hulle nog gehad het as 'n leier van die regering. Johannis Klaus is die burgemeester van Sibiu City. Hy verteenwoordig die Christian Liberal Alliance. Onder sy leierskap is Sibiu van bankrotskap opgevoed tot een van die mees welvarende en beskaafde stede van die land. Mnr Johannis is 'n Evangelies Lutherse gelowige. Hy het 'n persoonlike verhouding met God en die Bybel is vir hom die belangrikste boek. Mnr Johannis het 'n duidelike boodskap oor die toekoms van die nasie. 'Jesus Christus is die Here van ons nasie!'