Print this page

VSA: godsdiensvryheid - oorwinning vir Christelike besigheid

Die eienaar van 'n Christelike T-hemp-ontwerper en drukkeronderneming het onlangs 'n appèlsaak gewen nadat hy beswaar gemaak het om 'n pro-LGBT-boodskap op 'n bestelling van T-hemde te druk. Blaine Adamson, besturende eienaar van Hands On Originals, het gesê hy en sy personeel weier nooit om sake te doen met iemand op grond van hul persoonlike oortuigings nie, maar hy het in 2012 verplig gevoel om te weier om 'n boodskap vir 'n gay pride-geleentheid te druk omdat dit teen sy oortuigings. Die Gay and Lesbian Services Organisation wat die geleentheid bevorder het, het toe 'n diskriminasie-geding teen Adamson en sy maatskappy ingedien. Die regstappe wat gevolg het, het vir vyf jaar voortgeduur. Gedurende daardie tyd het Adamson en sy personeel toegewyd gebly om te vertrou dat God hul besluit sal eer om by hul oortuigings te staan. Adamson se prokureur het ná die seëvierende hofsaak gesê die wet kan mense nie dwing om 'n boodskap uit te spreek wat in stryd is met hul diepste oortuigings nie.