Nigerië: 82 Chibok-meisies vrygelaat

Sondag het die Bring Back Our Girls Group (BBOG) die federale regering en veiligheidsagentskappe toegejuig oor die vrylating van nog 82 Chibok-meisies. Hul vrylating is onderhandel deur die gesamentlike pogings van veiligheidsagentskappe, die weermag, die Switserse regering, die Rooi Kruis en plaaslike en internasionale NRO's. 21 meisies is verlede Oktober vrygelaat, en die regering het hom daartoe verbind om die 113 meisies wat nog gevange is, te red. ’n Woordvoerder van die Jong Vroue Politieke Forum het die ministerie van vrouesake en die ministerie van gesondheid aangemoedig om saam te werk om die meisies en hul ouers van voldoende sielkundige berading te voorsien. Bid dat gemeenskappe hierdie slagoffers van verkragting, wat nou moeders is met babas en geen mans, sal aanvaar nie. Sien ook die Prayer Alert wêreld artikel 3.