Print this page

Soedan: gebede beantwoord, twee mans vrygelaat

Gister het Hassan Abduraheem en Abdulmonem Abdumawla 'n presidensiële kwytskelding ontvang en is vrygelaat! Saam met Kuwa Shamal en Petr Jasek is hulle in Desember 2015 gearresteer en aangekla van spioenasie, die aanhitsing van twis tussen gemeenskappe en ander oortredings. In Januarie is hulle elk gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf vir spioenasie, en een jaar gevangenisstraf vir die aanhitsing van twis tussen gemeenskappe en die verspreiding van gerugte wat die gesag van die staat ondermyn. Sedertdien dien hulle hul vonnisse in die tronk uit terwyl hul prokureurs teen die uitspraak geappelleer het. Kuwa is op 2 Januarie vrygespreek, en Petr is op 26 Februarie begenadig. Terwyl u verheug is oor hulle vrylating, bid ook dat dit 'n hartsverandering in die regering se houding teenoor Christene in die algemeen sal aandui.