Indië: Unieke film vrygestel in Hindi

Lofverslae - - 03 Jan 2013 - Print - Email

'n Hindi-rolprent van ses uur, 'Christayan' (die reis van Christus) is vroeg in Desember in Indore Madhya Pradesh vrygestel. Dit is geregisseer deur Vader George, 'n Katolieke priester, wat sewe jaar daaraan gewerk het saam met 'n span van 200 amateur-akteurs, wetenskaplikes, tegniese personeel, professore, dokters, onderwysers, sosiale aktiviste, boere, ateïste, studente, mediapersone, priesters en godsdienstige susters. Hulle het 10 state besoek, insluitend die noordoostelike deel van Indië. Ankit Sharma, 'n Hindoe-jongman, het as Jesus opgetree. Meer as 80% van die span was 'vriende van Jesus'. 'Christayan' het 'n oosterse geur met Indiese sosio-kulturele agtergronde en estetika verweef met verskeie genres van Indiese musiek deur van die beste Asiatiese sangers en musikante van ons tyd. Pa George het die draaiboek, lirieke geskryf en ook toesig gehou oor grimering en kostuums. Hy was 'n sendeling in die binnelandse dorpies van die staat, en glo 'Jesus, die lewende en liefdevolle God, is teenwoordig by ons en binne ons.'

Lof : God vir hierdie film; mag dit deur Indië versprei. Mag mense se geestelike oë geopen word om Jesus die Seun van die Lewende God te sien. (Ps.24:5)

Meer: http://persecutedchurch.info/2012/12/05/six-hour-long-hindi-film-on-jesus-released/