Indië: hof beveel beskerming vir ontheemde Christene

'n Hooggeregshof in die staat Chhattisgarh het die distriksadministrasie van Kondagaon beveel om die veilige terugkeer van Christene wat uit drie dorpe ontheem is, te fasiliteer nadat twaalf mense 'n litigasie van openbare belang ingedien het waarin geëis word dat sekuriteit vir hulle verskaf word. In September is die Christene na vergaderings geroep waar hulle aangesê is om hul Christelike geloof te herroep. Toe hulle weier, is hulle deur radikale Hindoe-nasionaliste aangeval en hul huise is vernietig. Sedert die aanval het hierdie Christene verplaas gebly. 'Ons het vir ons lewe gehardloop', het 'n oorlewende gesê. 'Die doodsdreigemente wat hulle teen ons gerig het, was baie skrikwekkend. Daar was geen ander manier as om uit die dorp te vlug nie. Ons lewens is in gevaar. Die dorpenaars het belowe om ons dood te maak as ons terugkeer. Ons lewens word erg geraak deur die gevaarlike atmosfeer wat deur die dorpenaars geskep word.'