Print this page

Indië: bid vir Hindoes

Met meer as een miljard mense is Hindoeïsme die derde grootste godsdiens in die wêreld. Die meerderheid van hulle het nog nooit die naam van Jesus gehoor nie, en minder as 2% van die Protestantse sendelinge dien onder hulle. In Indië is Hindoeïsme veel meer as 'n godsdiens; dit is 'n lewenswyse en 'n kulturele identiteit. Dade van geweld en intimidasie deur militante Hindoes neem toe, veral teen Christene. Die hindernisse vir die Evangelie is baie. Maar gebed maak deure oop. Sluit aan by Christene regoor die wêreld in gebed vir Hindoes vanaf 8 tot 22 November. Gedurende hierdie tyd sal Hindoes een van hul belangrikste vakansiedae, die Fees van Ligte (Diwali) vier. Ten spyte van die kerse en vuurwerke, bly hierdie miljoene in duisternis, geskei van die enigste ware bron van lig – Jesus Christus. Laat ons saam waak en bid.

  • Pray: for Hindus to abandon their thousands of gods to follow the one true God; may people of all castes boldly follow Christ and turn from the myth of karma. (Romans 10:14)