Wêreldwyd: betrokke by die Bybel

Vir honderde jare het die Kerk hard gewerk om die Bybel te vertaal, te publiseer en te versprei. Slegs sowat 250 miljoen mense wag nog vir Bybelvertaling om te begin in die taal wat hulle die beste ken. Maar dit alles is net grondwerk vir die hooftaak om te sien hoe die nasies dissipels van Christus word deurdat hulle by die Bybel betrokke raak. Tegnologie verskaf oudio-bybels, Bybelstudie-toepassings en video's wat Bybelse inhoud dramatiseer; dit is 'n groot seën, veral waar Bybels moeilik is om aan te skaf, waar geletterdheid laag is, of waar dit 'n veiligheidsrisiko is om 'n harde kopie te hê. Bybelbetrokkenheid is 'n uitdaging vir elke kerk regoor die nasies. Bid dat God die getal sal vermeerder van almal wat in die gaping tussen die Bybel en die wêreld werk: Bybelonderwysers vir kinders en volwassenes; diegene wat Bybelwaarheid aanbied deur musiek, kuns, dans, drama, fiksie en ander vorme van storievertelling en leer; en geleerdes en kommentators.