Indië: Covid-entstof teen Februarie?

'n Covid-19-entstof wat deur die Indiese regering gesteun word, kan so gou as Februarie bekendgestel word, maande vroeër as wat verwag is. Finale proewe begin hierdie maand en studies het tot dusver getoon dat dit veilig en doeltreffend is, het 'n senior regeringswetenskaplike gesê. Bharat Biotech is die private maatskappy wat Covaxin ontwikkel. 'Die entstof het goeie doeltreffendheid getoon', het senior ICMR-wetenskaplike Rajni Kant, wat ook 'n lid van die Covid-19-taakspan is, gesê.