Print this page

Nigerië: 'Soms is daar dae sonder enige hulp'

Stel jou voor hoe die lewe is as dit onveilig is om in jou eie huis te woon, of jy kan nie waarborg dat jy en jou kinders elke dag kos sal hê nie? Dit is die aaklige werklikheid vir baie Christenvroue in die noorde en sentraal-Nigerië – bo en behalwe die hartseer en trauma wat deur gewelddadige konflik en moorde meegebring word. Tirham, 'n vrywilliger by 'n Geopende Deure-traumasentrum in Nigerië, sê: 'Soms is daar dae sonder enige hulp van iemand vir hulle om gevoed te word.' Sy het gepraat oor die impak van Covid-19 op die daaglikse lewe vir baie Christenvroue wat in die skadu van geweld leef. Ons word gevra om te bid dat elke Christengesin wat deur geweld geraak word in Nigerië van voedsel, skuiling en veiligheid voorsien sal word, en dat gewelddadige militante aanvalle sal ophou. Bid vir volgehoue krag, beskerming en aanmoediging vir Geopende Deure-vennote soos Tirham, wat saam met diegene kom wat deur vervolging geraak word.