VSA: BLM onsmaaklike spiritualiteit

Black Lives Matter-organiseerder, Melina Abdullah, het die name van swartes wat deur die polisie vermoor is, uitgeroep en die geeste van die dooies ontbied deur 'n drankoffer op die sypaadjie by 'n Junie-optog in Los Angeles uit te giet. "Ons krag kom nie net van die mense hier nie, maar van die geeste wat ons nie kan sien nie," het Abdullah gesê, soos berig deur die Los Angeles Times. "Wanneer ons hul naam sê, roep ons hul teenwoordigheid op." In die 1960's was die leiers van Burgerregtebewegings Christene. Vandag se BLM-leiers is heeltemal anders. Bid dat die Amerikaanse kerk sy reaksie op rassisme en polisiebrutaliteit sal opweeg terwyl hulle 'n beweging filter wie se waardes diametraal teenoor die Bybel s'n is. Dit vermeng Afrika- en inheemse kulture se geestelike praktyke, en oortuigings, voorvaderaanbidding; rituele sing, dans en gode oproepe. Hierdie onsmaaklike onderbou het veroorsaak dat 'n parallelle beweging genaamd One Race gebore is, wat alle rasse verwelkom en gebaseer is op gebed, lofprysing, prediking en opvoeding.