VSA: wanorde nadat polisie ongewapende swart man geskiet het

Wisconsin se goewerneur het die nasionale wag ingeroep om te help om onrus te onderdruk nadat die polisie op kort afstand die ongewapende Jacob Blake sewe keer in die rug geskiet het. Die voorval is op video geneem en het op die internet virale gegaan wat landwye betogings en die uitstel van groot sportbyeenkomste laat ontstaan het terwyl spelers teen die skietery betoog het. Trump se administrasie het sy simpatie duidelik gemaak: 'Ons sal altyd saam met die mans en vroue staan wat op die dun blou lyn van wetstoepassing dien.' Intussen lei ds Al Sharpton en sy National Action Network 'n optog na Washington om optrede teen polisiebrutaliteit te eis. Hy het gesê: 'Daardie polisieman se lewe was nooit bedreig nie, en tog het hy verskeie kere geskiet. Dis hoekom ons marsjeer.' Sommige sê: 'Onluste red nie swart lewens nie, hulle vernietig lewens, besighede en die sosiale struktuur van stede.' Ander antwoord: 'Daar moet onrus in die strate wees solank daar onrus in ons lewens is'. Sien