Kameroen: Bybelvertaler vermoor

Die Bybelvertaler en geletterdheidsonderwyser Pastoor Christopher Tanjoh is op 7 Augustus vermoor ná 'n aanval in sy dorpie. Verlede jaar is twee ander Bybelvertalers in Kameroen in soortgelyke voorvalle dood. Hy het doodgebloei nadat hy in die been geskiet is en 'n vrou en sewe kinders agtergelaat. Wycliffe se uitvoerende direkteur het gesê: 'Hierdie tragiese nuus herinner ons hoeveel die evangelieboodskap dringend in Kameroen benodig word. Totdat mense deur Jesus verander word, sal daar geen blywende vrede wees nie. Ons gaan voort om saam met plaaslike vennote te werk om die Bybel te vertaal sodat elke Kameroen die Bybel kan lees in die taal wat die beste tot hulle praat.'