Australië: nasionale dag van gebed

Die Nasionale Raad van Kerke het 'n beroep op alle Christene regoor Australië gedoen om Sondag 2 Augustus opsy te sit as 'n dag van gebed, aanbidding en opsionele vas, aangesien veral die staat Victoria steeds teen die pandemie veg. Die raad se president, biskop Philip Huggins, het in 'n brief aan lidkerke gesê: 'Ons ken almal die impak van die pandemie hier en oorsee, insluitend op sommige van ons eie geliefdes. Op ons raadsvergadering hierdie week het ons direkteure almal ons aanskoulike en aangrypende huidige refleksies gedeel. Wat ons nou weer kan bied is ons gebede saam. Vandaar hierdie bemoediging aan julle almal. Dit is vertroostend as ons weet ons bid almal saam tot ons Verlosser. Uit ons verskillende tradisies is daar gebedsbronne, oud en kontemporêr, wat ons reeds aangebied het.'