Print this page

Noord-Korea: Gevangene 42

Nadat sy van Noord-Korea na China gevlug het, is Gevangene 42 gevange geneem en na 'n Noord-Koreaanse gevangeniskamp gestuur, waar sy een jaar in eensame aanhouding deurgebring het. Wagte het haar kop geskeer en haar gestroop. Elke oggend wanneer hulle na haar roep, het sy by 'n deurklep uitgekruip, wat tipies vir honde of katte gebruik word, en haar kop laag gehou omdat sy nie oogkontak met die wagte mag maak nie. Hulle sou haar dieselfde vrae vra: 'Hoekom was jy in China? Wie het jy ontmoet? Het jy kerk toe gegaan? Het jy 'n Bybel gehad? Het jy enige Suid-Koreane ontmoet? Is jy 'n Christen?' Sy het gelieg om aan die lewe te bly. Sy is daagliks geslaan en geskop. Sy het gesê: 'Dit maak die seerste as hulle my ore slaan. My ore lui vir ure, soms dae. Sy is later na 'n heropvoedingskamp gestuur waar sy ander geheime Christene ontmoet het. Na twee jaar is sy uit aanhouding vrygelaat.