Print this page

Armenië-Azerbeidjan: dodelike grensbotsings

Op 6 Julie het Azerbeidjan se president gesê dat vredesonderhandelinge met Armenië om die langdurige Nagorno-Karabach-konflik te besleg, tot stilstand gekom het. Hy het samesprekings tussen die lande se ministers van buitelandse sake as 'nutteloos' genoem. Die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE) probeer al lank om 'n oplossing van die konflik, wat uit die 1990's dateer, te bemiddel. Op 12 Julie het botsings waarby tenks en artillerie betrokke was weer op die grens tussen die twee oud-Sowjetrepublieke uitgebreek. Op 14 Julie het Azerbeidjan se weermag vier sterftes aangemeld, maar gesê dit het 'n Armeense vesting en artillerie vernietig, terwyl Armenië geen sterftes aan sy kant in die botsings aangemeld het nie. Azerbeidjan se president het gesê: 'Armenië se politieke en militêre leierskap sal die volle verantwoordelikheid vir die provokasie dra', terwyl Armenië sy buurland daarvan beskuldig het dat hy 'artillerie gebruik in 'n aanval wat daarop gemik is om Armeense posisies te verower'.