Egipte: kerkslopings

Op 30 Mei, twee dae voor 'Global Koptiese Dag', het die owerhede die enigste Koptiese kerk in die dorpie Koum al-Farag gesloop, al het dit 3 000 Christene bedien. Die sloping was 'n straf vir die 'misdaad' om kamers vir Sondagskool te bou. Toe die uitbreidingswerk begin het, het Moslems die Christene aangeval deur 'n moskee langsaan te bou (volgens die gemenereg word kerke verhinder om formeel erken te word of Christelike simbole te vertoon as 'n moskee langsaan gebou word). Die polisie het ook 14 Christene oornag gevange geneem. Die naaste kerk is nou tien myl ver. Slopings van kerke word selde in die Weste aangemeld. Christene en priesters word ook lukraak in Egipte se strate aangerand – nie deur terroriste nie maar deur Moslembure. Sien