Print this page

Voorbidder Fokus: na Ramadan

Jesus het gesê, 'Die eerste van al die gebooie is: "Hoor, Israel, die Here ons God is een Here." (Markus 12:29). Gedurende Ramadan het miljoene Christene regoor die wêreld en kerke en bedieninge van baie denominasies deelgeneem het aan die grootste deurlopende gebedsfokus vir die Moslemwêreld - dat Moslems sou verstaan en glo dat Jesus Christus die Here is. Ramadan sal op 23 Mei eindig, maar ons kan aanhou bid dat dit wat God in die lewens van ons Moslembure begin het, sal voortduur. Mag die Heilige Gees in hulle lewens vertoef. Mag ons voortgaan om getroue Christelike gebede na die hemel te stuur namens ons 'nog nie gered' broers en susters. Mag ons oop wees vir persoonlike en menslike kontak en God se liefde openbaar deur vriendelikheid en respek in verhoudings. Kom ons vra God om ons te help om ons geloof te deel terwyl ons terme soos sonde, gebed, God, Seun van God en geloof verduidelik.