Die Maldive is Asië se kleinste land volgens gebied en bevolking, bekend vir sy winsgewende toerismebedryf. Ten spyte van toerisme, is dit 'n uiters geslote land wat spog dat dit 100 persent Islam is en Christelike invloed sterk onderdruk. Slegs 'n handjievol geheime gelowiges woon in die land, wat as 'vrugbare grond vir werwing' vir radikale Islam beskou word. Tientalle Maldiviërs het by IS aangesluit. Die 2019-verkiesing het 'n verrassende uitslag gehad toe opposisieleier Ibrahim Mohamed Solih die voormalige president Abdulla Yameen verslaan het, wat nou teregstaan op aanklagte van korrupsie. Die nuwe regering het met hervormings begin. Gee lof vir die skommeling in die regering. Bid dat dit die nasie se onderdrukkende wette en menseregtevergrype mag laat skud. Bekering tot Christenskap lei tot 'n verlies van burgerskap. Kerke en Christelike byeenkomste bestaan nie amptelik nie, en gelowiges leef in vrees om ontdek te word. Bid vir veiligheid en godsdiensvryheid in die Maldive.