Op 29 April is banke regoor Libanon afgebrand en gevandaliseer deur honderde betogers tydens die tweede nag van betogings oor hul geldeenheid wat onlangs 50% in waarde verloor het. Die grootste en mees gewelddadige betogings was in Tripoli, die tweede grootste en armste stad. Een 26-jarige betoger het gesterf aan weermagskietwonde en baie is in die hospitaal opgeneem weens hardhandige reaksies op betogings. Human Rights Watch het gevra vir deursigtige ondersoeke na die dood. Armoede het vererger tydens die landwye pandemie-inperking. Die minister van maatskaplike sake het geraam dat 75% van die bevolking hulp nodig het in 'n land van sowat ses miljoen – maar dié hulp was maar skraal en stadig om te kom. Massiewe betogings teen die regering het in Oktober begin, maar het tydens die toesluit stilgehou. Nou is hulle kwater en meer desperaat. Op 30 April het die Daily Star berig dat 23 soldate oornag in Tripoli en Sidon gewond is.