Print this page

Jemen: Houthi's weier skietstilstand

Dae nadat die VN gevra het dat die gevegte in Jemen gestaak word te midde van die koronaviruspandemie, is 'n skietstilstand van twee weke deur die Saoedi-VAE-koalisie afgekondig. Maar die Houthi's het gesê hulle sal aanhou veg tensy 'n jare lange beleg op die verarmde nasie opgehef word. Die konflik het meer as 100 000 mense doodgemaak en miljoene op die rand van hongersnood gedruk. Die kwesbare behoeftige mense het nou hul eerste koronavirusgeval, en die land maak hom nou gereed vir die pandemie. Gaan voort om te bid vir 'n de-eskalasie in die gevegte, wat algemeen gesien word as 'n gevolmagtigde oorlog tussen Saoedi-Arabië en Iran, en dat die Houthi's by die VN-geborgde samesprekings sal aansluit vir 'n skikking van die vyf jaar lange konflik. Bid veral dat God die hart van Mohammed al-Bukhaiti, die Houthi-woordvoerder, sal versag.