Print this page

Wêreldwyd: Tearfund se reaksie op koronavirus

Vir meer as vyftig jaar het Tearfund op rampe gereageer en lesse geleer wat hulle help om op koronavirus te reageer. Uit hul werk om Ebola in Wes-Afrika en die Demokratiese Republiek van die Kongo aan te pak, weet hulle dat geloofsleiers 'n belangrike rol speel om openbare gesondheidsboodskappe aan gemeenskappe oor te dra. Hulle reageer op koronavirus deur hul wêreldwye netwerk van plaaslike kerkvennote wat hulle help om die regte boodskappe te bevorder (veral oor goeie higiëne en sanitasie) en om leuens en verkeerde inligting oor die siekte reg te stel. Hulle gee raad oor hoe om na hul gemeenskappe om te sien en uit te kyk; om 'n antwoord te hê vir moeilike teologiese vrae oor hoekom die koronavirus plaasgevind het; en om gemeenskappe aan te moedig om te bid vir 'n einde aan die uitbreking. Tearfund is ook in noue kontak met ander humanitêre organisasies sodat almal gebruik maak van die ervaring van ander.