Oos-Afrika: koronavirus in sprinkaanbesmette streke

Teen 2 April was daar 5 999 gevalle van koronavirus in Afrika aangeteken. 374 was in Oos-Afrika, 'n streek wat reeds erg geraak is deur 'n plaag van sprinkane en 'n voedselsekerheidskrisis. Die WGO het gewaarsku dat Afrika moet 'wakker word' en 'voorberei vir die ergste' teen die koronaviruspandemie. Die VN het gewaarsku teen 'n naderende voedselkrisis in Oos-Afrika, en kommer neem toe vir Christene in geaffekteerde streke, van wie baie reeds gemarginaliseer en vervolg word weens hul geloof. Bid vir alle mense in Oos-Afrika aangesien hulle dubbel getoets word deur die koronavirus-uitbraak en die verskriklike sprinkaanswerms. Vra God om in hulle behoeftes te voorsien en mag hulle vertroos word in die kennis van God se liefde vir hulle. Suid-Soedan is tans virusvry; mag dit so bly.