Print this page

Indië: Christene aangeval ná ontmoeting van 100 000

Die polisie ondersoek 'n aanval op 'n bus wat sewentig Christene huis toe vervoer vanaf die nasionale kongres van die Sinode van Pinksterkerke in Tamil Nadu. Drie mans op motorfietse het passasiers gedreig, die bus se voorruit stukkend geslaan en die bestuurder en passasiers, insluitend kinders en bejaardes, beseer. Godsdienstige onverdraagsaamheid en geweld is besig om in die wêreld se grootste demokrasie wortel te skiet. Godsdienstige minderhede in Indië moet veilig en vry voel om hul godsdiens of geloof te beoefen en te bely sonder enige vrees vir verwyt, en Christian Solidarity Worldwide het ’n beroep op owerhede gedoen om ’n einde te maak aan institusionele propaganda wat haat jeens godsdiensminderhede aanblaas. 'Die polisie moet opvolg met 'n deeglike ondersoek van hierdie voorval en nie toelaat dat hulle beïnvloed word deur geharde godsdienstige nasionaliste terwyl hulle probeer om diegene wat verantwoordelik is tot verantwoording te roep nie.' Op die kongres het Christenleiers 'n beroep gedoen op gebede vir vrede in 'n tyd wanneer kerke gesluit word, gebedsbyeenkomste ontwrig word en individue geteiken word.