China se vraag na wildprodukte vir tradisionele medisyne en eksotiese kosse dryf 'n wêreldwye handel in bedreigde spesies aan. Markte wat lewende diere verkoop, word beskou as 'n potensiële bron van siektes wat nuut vir mense is. Na raming het meer as 70% van opkomende menslike infeksies van diere gekom, veral wilde diere. Kampvegters wil hê China moet 'n permanente verbod op die handel in wild toepas. Bid dat hul kruistog suksesvol sal wees en dat hierdie handel onwettig word. Hoofartikels in China se staatsbeheerde media het die onbeheerde wildmark aan die kaak gestel. Ekoloë sê die koronavirus-uitbraak kan China die geleentheid bied om te bewys dat dit ernstig is oor die beskerming van biodiversiteit. In September vanjaar sal Beijing 'n groot wêreldvergadering oor natuurlike en biologiese hulpbronne aanbied, bekend as die Konvensie oor Biologiese Diversiteit. ’n Verslag verlede jaar deur ’n interregeringsgroep het bevind dat een miljoen spesies die risiko loop om uit te sterf.