Print this page

Algerië: 'n kerk onder Moslems

Algerië, 'n Moslem-meerderheidland van 41 miljoen, is afhanklik van fossielbrandstowwe vir sy uitvoerinkomste. Dit sukkel om werk en huise aan sy mense te verskaf. Demokrasie en menseregte bestaan op papier, minder so in werklikheid. 'n Beweging na Christus gebeur in Algerië. Die meeste nuwe gelowiges kom uit 'n Kabile Berber (nie-Arabiese) agtergrond, maar geloof groei ook onder Arabiere en meeste ander mensegroepe. Nuwe genootskappe het regdeur Algerië begin, deels omdat Berbers na Arabiese gebiede ingetrek het om die goeie nuus te deel. Vervolging is 'n feit van die lewe. Een Christenvrou het geskryf: 'Vroue wat hulle tot Jesus Christus bekeer, kom voor nuwe uitdagings te staan, wat hulle soms duur te staan kom. Hulle staar verwerping deur hul families in die gesig. Ander word deur hul mans verwerp weens hul geloof. Hulle kan selfs van hul kinders ontneem word.' Bid vir nuwe hoop vir Algerië se jeugdige stedelike bevolking en sy landelike armes.