Print this page

Irak: Kersfeesvieringe gekanselleer

Sedert die protesbeweging in Oktober begin het, is 400+ dood, twaalf van hulle veiligheidspersoneel. Meer as 17 000 mense is beseer. 'Die situasie is 'n ramp, met wapens in elke hoek,' het die Chaldese aartsbiskop van Basra gesê. 'As 'n kerk is ons naby jongmense in die strate en voorsien hulle van kos en skuiling.' Maar geweld het sy bisdom gedwing om al sulke pastorale aktiwiteite op te skort. Die Galdeaanse kerk het vir drie dae van gebed en vas gevra, en uit respek vir die dooies en in solidariteit met al die beseerdes, het Patriarg Louis Raphael Sako alle openbare en kerkgebaseerde vieringe van Kersfees gekanselleer. Terwyl die Kerk in Irak boomversierings en vakansie-onthale verruil vir gebede van voorbidding, laat ons bid dat die huidige regering se korrupte struktuur tot 'n einde sal kom en dat die betogers die ontbinding van die parlement en wydverspreide hervormings sal bewerkstellig. Mag hoop en voorspoed Irak binnekom in 2020, en mag Iranse ballistiese missiele en Amerikaanse troepe en verdedigingstelsels vertrek. Sien