Suid-Afrika: Eritrese gesin het asiel geweier

Filmon, 'n Eritrese slagoffer van anti-Christelike vervolging, het in Julie via Port Elizabeth (PE) om politieke asiel aansoek gedoen. Die departement van binnelandse sake het hom aangesê om ná 'n maand terug te keer. Ondanks ’n hofbevel vir die departement om sy kantoor in Kaapstad te heropen, moet mense soos Filmon herhaaldelik na PE gaan. Toe hy uiteindelik op 9 Oktober 'n verhoor gehad het, het die amptenaar tot die gevolgtrekking gekom dat hy 'n opregte slagoffer van godsdiensvervolging was - maar in November is sy aansoek geweier, en ondanks die feit dat hy deur 'n ervare prokureur bygestaan is, het hy 'n permit vir slegs een maand gekry. Sy vrou Sharon, 'n mediese dokter, wat voor haar man uit hul Marxisties-beheerde land gevlug het, is ook asiel geweier. Filmon is aangeraai om omkoopgeld te betaal, as die enigste manier om suksesvol te wees, maar as 'n beginselsaak wil hy dit nie doen nie. Hy moet nou vir die vyfde keer PE toe gaan, tensy God ingryp.