Hong Kong: bedreiging vir godsdiensvryheid

’n Christen-aktivis sê die godsdiensvryhede van Hongkongse burgers kan in gevaar wees as die regering aanhou om die eise van betogers te ignoreer. Die geweld is van die ergste wat in die gebied gesien is sedert betogings teen die regering byna ses maande gelede begin het. Medestigter en voorsitter van menseregte-liefdadigheidsorganisasie Hong Kong Watch, Ben Rogers, sê: 'Dit is die moeite werd om te onthou dat die geweld werklik deur die polisie begin is. As algemene vryhede verder weggekalwe word, sal godsdiensvryheid vroeër of later aangetas word. As Hong Kong se lewenswyse afgetakel word, sal die kerk direk geraak word, en bid dus spesifiek vir die Hong Kong kerk in hierdie tyd.' Mag die wêreldkerk Rogers se besorgdheid hoor oor die potensiële implikasies wat hierdie konflik op godsdiensregte in Hong Kong kan hê, en daarvolgens bid.