Print this page

Chili: ongelykheid veroorsaak protes

Politieke leiers het dekades lank belowe dat vrye markte tot welvaart sal lei, wat na ander probleme sal omsien. Die beloftes het tot niks gekom nie, en duisende betogers dreunsing, 'Chili, word wakker'. Die middelklas sukkel met hoë pryse, lae lone, 'n geprivatiseerde aftreestelsel en bejaardes in bitter armoede. ’n Reeks korrupsie- en belastingontduikingsskandale het die geloof in die politieke en korporatiewe elite geërodeer. Terwyl betogings meer as drie weke gelede vreedsaam begin het, is daar nou beelde van metrostasies wat vernietig is, supermarkte wat geplunder is en vlammende straatversperrings. Daar is beskuldigings van marteling en mishandeling deur die 200 000 veiligheidsmagte, wat traangas en waterkanonne gebruik het om betogers uiteen te jaag. Sosiale media berig baie sterftes. Die VN ondersoek menseregteskendings. Twee eeue na onafhanklikheid van Spanje bly die Katolieke Christelike geloof van die conquistadors vandag die grootste in Chili. Bid dat die Kerk se stem van vrede en geregtigheid gehoor sal word.