Print this page

DRK: Justin Welby besoek Ebola-sone

Die aartsbiskop van Canterbury het gebiede besoek wat geraak is deur die Ebola-krisis in die DRK, wat in Augustus 2018 opgeduik het en tot dusver 2 169 mense doodgemaak het. Na streng teenkontaminasieprosedures het hy deur hospitale getoer wat in Ebola-behandelingsfasiliteite omskep is met kwarantyneenhede, siftingsentrums en bloedtoetstente wat opgerig is om die siekte te bekamp. Die aartsbiskop het met Mission Aviation Fellowship (MAF) na Ebola-geteisterde stede gevlieg. Hulle vlieg op die moeilikste plekke in die wêreld, land op die mees uitdagende aanloopbane maar met die hoogste veiligheidstandaarde. MAF het gesê die situasie is kompleks, met die bedreiging van geweld wat nou toeneem. Vlieg is 'n veilige en betroubare manier om bloedmonsters, entstowwe, scrubs, handskoene en suurstoftenks te lewer aan diegene wat werk om die virus te bestry.