A Rocha is 'n gerespekteerde Christelike omgewingsorganisasie wat tans in meer as twintig lande werksaam is. Op 28 Oktober was Peter en Miranda Harris, die medestigters daarvan, saam met Chris Naylor, uitvoerende direkteur van A Rocha International, en sy vrou Susanna, in 'n noodlottige motorongeluk in Port Elizabeth betrokke. Miranda, Chris en Susanna het nie oorleef nie. Peter en die bestuurder van die motor word in 'n plaaslike hospitaal behandel en is in 'n stabiele toestand. Bid asseblief vir die betrokke families, en ook vir die toekomstige leierskap van die organisasie.