Print this page

Australië: bid vir reën

Van Queensland tot Nieu-Suid-Wallis het opeenvolgende droogtes en die behoefte aan ekstra water om bosbrande te bestry ongekende tekorte veroorsaak. Streke staar die vooruitsig dat krane binne maande opraak. Hierdie is 'n gedeelte van 'n nasionale gebed vir reën wat deur Christenleiers uitgereik is: 'Ons erken dat U die Here van die heelal is, die Een wat die reën voorsien om die Aarde nat te maak sodat gewasse, vee en mense kan floreer. Ons vra dat U in U genade reën sal stuur. Ons bid dat fisiese reën en geestelike herlewingsreën deur Australië sal vloei. Ons dank U, Here, vir vorige herlewings, en bid dat die laat reën selfs groter sal wees as die vorige reën. Seën die werk van ons hande, veral die boere op die land, en gee ons vrede. Ons dank U vir die vernuwing van ons land en die vernuwing van ons geloof.' Sien ook