Print this page

Biddag vir vervolgde kerk

Sluit aan by Christene regoor die wêreld op Sondag 3 November, die Internasionale Dag van Gebed vir die Vervolgde Kerk - 'n wêreldwye gebedsbyeenkoms vir ons Christenbroers en -susters wat tot elke prys met vrymoedigheid vir Christus getuig. Voice of the Martyrs het 'n kortfilm vervaardig wat 'n dramatiese voorbeeld bied van die uitdagings om Christus te volg binne Noord-Korea, die wêreld se mees beperkte nasie. Die film sal almal wat daarna kyk inspireer om vir vervolgde Christene regoor die wêreld te bid. Dit beeld die ware verhaal uit van pastoor Han, wat deur Noord-Koreaanse agente in China vermoor is weens sy doeltreffende evangeliewerk onder Noord-Koreane. Die verhaal word vertel deur die oë van een van sy dissipels wat in sy mentor se voetspore gevolg het deur voort te gaan om die evangelie met Noord-Koreane te deel, ten spyte van die gevaar.