Print this page

Uganda: haweloos weens geloof

Die sewende en jongste kind van Lezia Nakayiza, 'n weduwee, het nie geweet dat sy familie hul Christenskap geheim hou nie. Die 8-jarige seun het nie besef dat om sy Moslem-familielede te vertel hoe baie hy 'n kerkkoor geniet het, hulle sy gesin sou aanval nie. "Ek kon nie my geloof met die broers van my man sowel as die familielede wat radikale Moslems is deel nie," het Nakayiza gesê. 'In Junie het my seun vir een van die familielede van die wonderlike koor by die kerk vertel, en dat ons sedert Maart die kerk bywoon. Dit was die begin van ons vervolging.' 'n Christen buurvrou het vir haar gesê dat die familielede van plan was om haar te straf omdat sy Islam verlaat het, so toe sy sien hoe baie mense haar huis nader met wapens en uitroepe van 'Weg met hierdie ongelowige', het sy en haar kinders deur die agterdeur ontsnap. Die gesin woon nou op 'n onbekende plek wat nie volhoubaar is nie.