Kameroen: Bybelvertaler vermoor

Die Bybelvertaler Angus Abraham Fung, wat saam met die Aghem Bybelvertalingsprojek in Kameroen werk, was onder sewe mense wat na bewering in 'n oornag-aanval dood is. Sy vrou se arm is volgens 'n bron van die ministerie afgesny. Die aanval is uitgevoer deur vermeende Fulani-veewagters in Kameroen se geweldgeteisterde Engelstalige streek waar separatiste veg vir onafhanklikheid. Fung, in sy sestigs, het jare lank gewerk aan 'n Nuwe-Testamentiese vertaling in die Aghem-taal. Alhoewel dit in 2016 voltooi is en meer as 3 000 kopieë gepubliseer is, het verspreiding nie plaasgevind nie as gevolg van die oorlog in die streek. Bid vir die vinnige herstel van sy vrou en vir God se vertroosting aan almal wat treur oor die dood van die sewe mans. Bid ook vir die sukses van alle geletterdheidspogings om die woord van God te bring aan mense wie se taal nog nooit voorheen neergeskryf is nie, beide in Kameroen en regoor die nasies.