'n Derde van die wêreld noem hulself 'Christene', maar baie word vermis in ons kerke; ander is teenwoordig, maar het nie die vreugde om Christus te ken en te volg nie. Iets moet verander! Sending aan nominale Christene ontbreek op die globale kerkagenda. Ons moet bely en bid: 'Vader, ons bely dat ons nominale Christene in die samelewing en in ons kerke misgekyk het. Ons bely wankelende getuienis, gebrekkige dissipelskap en gebrek aan besorgdheid oor diegene wat die naam van Christus dra, maar deur onkunde, sonde of verwerping ver van die weg van Christus en sy kerk is. Ons is vinnig om te oordeel en traag om te luister – veral as hulle uit ’n ander kerklike tradisie kom. Ons vra u, Vader, om die lewens van naamchristene met u kragtige Heilige Gees aan te raak sodat hulle tot 'n reddende geloof in Christus sal kom.'