84% van Nepal se mense is Hindoes, wat daarna streef om vryheid vir hul siele te verkry deur goeie werke. 90% bly onaangeraak deur die Evangelie. Hindoeïsme is nie net 'n godsdiens vir hierdie miljoene nie, dit is hul kultuur – hul manier van lewe. Christenskap word gesien as vreemd en as 'n bedreiging vir hul kultuur. Diegene wat kies om Jesus te volg, betaal dikwels 'n hoë prys, maar tog groei die Kerk. Alhoewel dit 'n klein deel van die bevolking is, is daar nou gelowiges in byna alle volke en kaste, maar die tragiese realiteit bly dat meer as 25 miljoen Nepalese nog nooit van Jesus gehoor het nie, die enigste een wat ware vryheid kan bring. Bid asseblief dat hy bekend gemaak word onder onbereikte mense in moeilik-toeganklike plekke; vir Bybelse opleiding en Christusgelykheid vir 'n opkomende generasie van kerkleiers; en vir die hulp wat hulle nodig het om die daaglikse armoedestryd te wen.